Groot Brakrivier-boer in hegtenis na man glo in gesig geskiet is

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Verdagte in Kaapstad in hegtenis vir vermeende ontvoerings in Oos-Kaap

‘n Groot Brakrivier-boer is op Mosselbaai in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n man met ‘n gaspistool in die gesig geskiet het.

Nico Roman, wat saam met sy 10-jarige dogter was, was besig om klippe vir sy dogter op te tel toe die boer uit sy huis gekom het. Hy het hulle glo gevloek en toe vir Nico geroep om na die hek toe te gaan, waarna ‘n gaspistool uitgehaal is en Nico in die gesig geskiet is.

Roman het die voorval glo rapporteer, maar die verdagte is eers Dinsdag in hegtenis geneem nadat die gemeenskap Maandag by die polisiestasie opgedaag het.

‘n Saak van aanranding word ondersoek. Die verdagte was Woensdag in die Mosselbaai-landdroshof waar die saak uitgestel is.

Bronne: IOL, VN Explorer

Lees ook: Uganda teken anti-LGBT-wetsonderwerp