Lees ook: EFF dreig met nog betogings as ‘vreedsame betogers’ nie vrygelaat word nie
‘n Verdagte wat glo betrokke was by ontvoerings in die Oos-Kaap is in Kaapstad in hegtenis geneem.
Ali Rizwan is Saterdag in hegtenis geneem na ‘n pistool en 15 rondtes ammunisie in sy kamer gevind is.
Rizwan was Maandag in die Kaapstad-landdroshof vir die onwettige besit van ‘n vuurwapen en die onwettige besit van ammunisie.
Die saak is uitgestel tot 3 April vir sy borgaansoek. Hy sal na die Oos-Kaap vervoer word wanneer alle prosesse gevolg is.
Bronne: IOL, Be Loud, Reddit
Lees ook: EFF dreig met nog betogings as ‘vreedsame betogers’ nie vrygelaat word nie



