Leon Hefer (59) is sedert Dinsdag 21 Maart 2023 vermis nadat hy die laaste keer by ‘n Total-vulstasie in Lazaarstraat, Randgate, Randfontein, Gauteng, gesien is.
Sers. Carmen Hendricks, polisiewoordvoerder van die Wes-Rand-distrik, sê hy het in ‘n silwer VW Polo Cross met registrasienommer XXK 182 GP gereis. Hy was geklee in ‘n blou T-hemp, kort blou denimbroek en bruin sandale.
Hy is ongeveer 1.82 m. lank en weeg ongeveer 90 kg. Hy het ligtebruin hare wat begin grys verkleur en bruin oë.
Enigiemand wat inligting het van waar hy hom bevind, kan met Randfontein-speurtak kontak maak by 011 4144329.
MAS 02/03/2023
Altenatiewelik kan speurder-sersant Seshoka by 081 783 0704 of Stop Misdaad by 08600 10111 of die MySAPS-toepassing gebruik word vir anonieme wenke.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



