Man se liggaam naby strandoord gevind

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Onbekende man se liggaam is Sondagoggend 19 Maart 2023 in ‘n veld naby Mnandi Beach Resort in die Wes-Kaap gevind.

AO Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, sê omstandighede van die voorval word nog ondersoek.

Mitchells Plain se polisie het Sondagggend op ‘n klagte gereageer. Met aankoms op die toneel het hulle die beseerde liggaam van die man gevind. Hy is op die toneel dood verklaar.

Geen arrestasies is gemaak nie. Daar word geglo dat die motief vir die moord gemeenskapsvergelding is.

Mitchell’s Plain-polisiestasie ondersoek ‘n moordklag. Enigiemand met inligting kan Stop Misdaad by 08600 10111 kontak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel