Twee verdagtes in hegtenis vir besit van dwelms in Welkom

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Altesaam 17 verskyn in hof vir openbare geweld

Twee mans is Maandag in die Welkom-CBD in hegtenis geneem na hulle met dwelms in hulle besit betrap is.

Wil jy jou produk, diens of onderneming aan meer as 200 000 sosialemedia-volgelinge en meer as 1 miljoen lesers bemark? Stuur ‘n e-pos aan [email protected] of klik op die skakel.

Die polisie was besig met hulle patrollies in Mooistraat toe hulle ‘n groep mans opmerk en stilhou. Die mans het weggehardloop en die polisie het twee van hulle gevang. Hulle is deursoek en 5 gram en 14 pakkies crystal meth is in hulle besit gevind.

Die mans sal vandag in die Welkom-landdroshof verskyn.

Bronne: SAPS

Lees ook: Altesaam 17 verskyn in hof vir openbare geweld