Verkragter kry 20 jaar direkte tronkstraf

Deel hierdie storie / Share this story

Taole Moses Qamakoane (42) is vir die verkragting van ‘n vrou (23) in Zamdela tot 20 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis.

Wil jy jou produk, diens of onderneming aan meer as 200 000 sosialemedia-volgelinge en meer as 1 miljoen lesers bemark? Stuur ‘n e-pos aan [email protected] of klik op die skakel.

Sers. Josephine Rani, polisiewoordvoerder, sê hy is Dinsdag 30 Mei 2023 in die Vrystaatse hooggeregshof gevonnis.

Op die betrokke dag van 26 September 2020 het die oorledene die verdagte wat vir haar ‘n geleentheid huis toe van ‘n kroeg aangebied het, vir die eerste keer ontmoet.

Op pad het hy Sasolburg toe gery in plaas van na die oorledene se huis en het die voertuig langs Sasolburg- korrektiewe dienste gestop.

Hy het haar in die passasiersitplek van die voertuig verkrag. Daarna het hy na ‘n ander plek gery waar hy haar weer verkrag het.

Na die tweede verkragting het hy met haar na Zamdela gery. Sy het iemand in haar vertroue geneem vir wie sy van die verkragtings vertel het, wat haar vergesel het toe sy ‘n saak by die polisie gaan oopmaak het.

Die saak is deur Zamdela GKS ondersoek.

Speursers. Mokhethi Makooe, ondersoekbeampte in die saak, se uitstekende ondersoekwerk het die skuldigbevinding en vonnisoplegging van die saak verseker.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.