Polisie vra hulp om 7-jarige op te spoor

Deel hierdie storie / Share this story

Risile Munyai (7) van Tshilaphala-woonbuurt in Limpopo is sedert Saterdag 27 Mei 2023 omstreeks 14:30 vermis.

Wil jy jou produk, diens of onderneming aan meer as 200 000 sosialemedia-volgelinge en meer as 1 miljoen lesers bemark? Stuur ‘n e-pos aan [email protected] of klik op die skakel.

Sers. Maphure Manamela, polisiewoordvoerder, sê hy het na bewering saam met sy oupa na die plaaslike Levuvhu-rivier gegaan om sy beeste bymekaar te maak.

Die ouer man het hom glo langs die rivier gelos en toe hy na ‘n paar minute terugkeer, was die kind nêrens te vinde nie.

Sy ontstelde oupa het hom gesoek sonder enige sukses. Sy selfoon en swart seilskoene wat hy by die kind gelos het, is ook vermis.

Die kind is donker van gelaat en was in rooi klere geklee.

Die soektog na die kind duur voort.

Indien enigiemand weet waar hy hom bevind, kan daar met die volgende persoon in verbinding getree word:

AO Zwiitani Laughter Munyai, SAPD Tshaulu – 082 565 7270 of 064 756 8174 of 015 978 4001.

Alternatiewelik kan daar na die naaste polisiestasie gegaan word, Stop Misdaad kan by 08600 10111 gekontak word of inligting kan deur die MySAPS-toepassing gedeel word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.