Aspersie-en-kaasrolletjies

Deel hierdie storie / Share this story

Hier is ‘n lekker maklike resep vir aspersie-en-kaasrolletjies.

Wil jy jou produk, diens of onderneming aan meer as 200 000 sosialemedia-volgelinge en meer as 1 miljoen lesers bemark? Stuur ‘n e-pos aan [email protected] of klik op die skakel.

Bestanddele:

125 ml (½ k) mayonnaise
125 ml (½ k) Griekse jogurt
250 ml (1 k) kaas
van jou keuse, gerasper
Sout en vars gemaalde swartpeper
6  ciabatta-rolletjies, oopgesny (in die helfte)
250 g aspersies, geblansjeer en in die lengte gehalveer

Metode:

Voorverhit die oond tot 180°C.
Meng die mayonnaise, jogurt en kaas en geur met sout en peper.
Plaas die rolletjies op ’n bakplaat en skep ’n eetlepel vol van die  kaasmengsel op elke helfte.
Voeg ’n laag aspersies by en dan nog ’n eetlepel vol van die  kaasmengsel.
Stel die oond op rooster en rooster die rolletjies 5 minute of tot die kaas gesmelt het.
Sit voor met ’n slaai.

Plasing: Henriette Wessels / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK