Lees ook: Polisie vra vir hulp na EFF-raadslid in Limpopo vermoor word
Twee mans sal na verwagting vandag in die Pretoria-landdroshof op aanklagtes van korrupsie en afpersing verskyn.
Dit volg na hulle gister deur die Valke in hegtenis geneem is. ’n Ondersoekbeampte van Opod het met twee medepligtiges meegewerk om ’n sakeman wat glo ’n Ponzi-skema in Suid-Afrika bestuur, vir R5 m af te pers.
Die sakeman en sy werknemers het glo omtrent R219 000 aan die beampte en sy medepligtiges betaal, maar toe hulle vir nog geld vra, het die sakeman hulle aan die Valke rapporteer.
Die derde verdagte is nog nie in hegtenis geneem nie.
Bronne: SAPS
Lees ook: Polisie vra vir hulp na EFF-raadslid in Limpopo vermoor word



