Ongeluk in Kaap eis vyf kinders

Deel hierdie storie / Share this story

Vyf kinders is Dinsdagoggend omstreeks 07:30 in AZ Berman-rylaan in Michells Plain in ‘n ongeluk dood.

Volgens ER24 het die bakkie waarin die kinders op pad skool toe was ‘n paar keer gerol.

Die kinders was tussen die ouerdom van 13 en 16 jaar.

Sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, sê ‘n saak van strafbare manslag word ondersoek en die omstandighede oor die ongeluk is nog onbekend.

Medelye het intussen op Facebook ingestroom vir die ouers van die kinders.