Tremaine Soobramoney (36) is sedert Vrydag 26 Mei 2023 in KwaZulu-Natal vermis.
Reaction Unit South Africa sê sy woon alleen in Ringside Place in Parlock en volgens haar bure het sy haar huis reeds Vrydag verlaat.
Saterdag het Soobramoney ‘n boodskap aan haar familie gestuur om te sê dat sy ‘n braai in Phoenix bywoon. Haar werkgewer het ‘n boodskap ontvang dat sy nie lekker voel nie en dus nie Maandag vir werk sal aanmeld nie.
Soobramoney se selfoon was daarna afgeskakel en pogings om haar te kontak, was onsuksesvol.
Sy het met ‘n bruin Renault Kwid met registrasienommer NJ 27834 gery.
Indien enigiemand weet waar sy haar bevind, kan hulle met Reaction Unit South Africa by 086 1234 333 in verbinding tree.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



