Beide bene van jongman na ongeluk onder knieë geamputeer

Deel hierdie storie / Share this story

Edwin Nelson (18) wat gedurende 2022 by Gimmies (Potchefstroom Gimnasium) gematrikuleer het, was Sondagoggend 28 Mei 2023 op die R53-pad tussen Potchefstroom en Parys in ‘n motorvoertuigongeluk toe hy op pad huis toe was.

Volgens verskeie Facebook-plasings is hy in Potchefstroom Mediclinic opgeneem. Hy het beide sy bene se gebruik onder sy knieë verloor.

Gebede en finansiële hulp vir die lang pad van herstel is versoek. Volg die skakel vir besonderhede vir fondsinsameling #EdwinNelsonFund

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.