‘n Vermoedelik dronkbestuurder het Vrydagaand 26 Mei 2023 in drie JMPD-beamptes en twee lede van die publiek in Noordgesig, Soweto, Gauteng, vasgery.
Wil jy jou produk, diens of onderneming aan meer as 200 000 sosialemedia-volgelinge en meer as 1 miljoen lesers bemark? Stuur ‘n e-pos aan [email protected] of klik op die skakel.
Volgens ‘n verklaring van JMPD het die drie beamptes ernstige beserings opgedoen, waarna hulle na Milpark-hospitaal geneem is.
Die twee lede van die publiek wat ook ernstig beseer is, is na Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem.
Die dronkbestuurder van die Kia Sportage-sportnutsvoertuig is in hegtenis geneem en by Diepkloof-polisiestasie aangehou.
Hy is vir dronkbestuur en roekelose en nalatige bestuur aangehou waarna hy Maandag 29 Mei 2023 in die Orlando-landdroshof sou verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



