Vrystaat-onderwyser wat glo gr. 8-leerling soen, afgedank

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Afgedankte Gauteng-onderwyser, afgedank oor hy gr. 9-leerling druk, verloor hofsaak

‘n Onderwyser in die Vrystaat is afgedank na ‘n gr. 8-leerling haar ouers en vriende vertel het hy het haar gesoen.

Lawrence Letolo, ‘n onderwyser in wiskunde en fisika in die Vrystaat, is afgedank na hy skuldig bevind is deur die Education Labour Relations Council van die oortreding van die Employment Educators Act.

Letolo het die gr. 8- leerling glo gevra vir ‘n soen na hy haar by sy klaskamer ingelok het. Sy het hom op die wang gesoen, maar hy het glo aangedring sy moet hom op die mond soen. Hy het haar ook gevra vir haar selfoonnommer voor die einde van die skooldag. Sy het geloop sonder om vir hom haar nommer te gee en het haar ouers en vriende van die voorval vertel.

Letolo het haar en ‘n ander leerling vroeër die dag ook geknyp en hy het gesê sy was kwaad daaroor en het gelieg oor die soen. Letolo het gesê hy is ‘n getroude man met vyf kinders, maar hy is steeds afgedank.

Bronne: Briefly, TimesLIVE, The Pink Brain

Lees ook: Man wat vliegtuigdeur oopmaak tydens landing in hegtenis geneem