Lees ook: Romay van Rooyen – moordverdagte vlugtig in hof
Cassidy Hartzenberg (18) wat aangekla word van die moord op sy tannie, landdros Romay van Rooyen, is vir waarneming na die Valkenberg- psigiatriese hospitaal gestuur.
Hartzenberg het Vrydag in die Kaapse hoogeregshof vir sy voorverhoor verskyn waar dit bekend gemaak is hy is vir waarneming deur ‘n dokter verwys.
Hartzenberg word daarvan beskuldig dat hy op 9 September by Van Rooyen se huis ingebreek het, geld gesteel het en haar toe geslaan en verwurg het. Haar voertuig is later naby Mitchells Plain gevind.
Die saak is tot 21 Julie uitgestel.
Bronne: Die Son, Netwerk24



