André van Biljon (70) en Lukas van Biljon (47) is Saterdag 27 Mei 2023 op ‘n kleinhoewe in Oranjeville in die Vrystaat aangeval.
Volgens SupaRugby is Lukas van Biljon ‘n oud-Springbokhaker
Kapt. Loraine Earle, polisiewoordvoerder, sê ses gewapende mans het na bewering die huis betree.
André van Biljon het per radio probeer om hulp van boere in die ombewing te bekom, waarna daar op hom geskiet is. Hy het skietwonde aan sy bors en hand opgedoen en is steeds in die hospitaal.
Sy seun, Lukas, wat ook aangeval is, is verskeie kere met ‘n mes gesteek. Lukas se kinders was tydens die voorval teenwoordig en is ook vasgebind.
Polisie is na die toneel ontbied.
Die verdagtes het met ‘n Range Rover wat later in Strydomstraat in Oranjeville gevind is, gevlug.
Hulle het verder in ‘n Toyota Camry gevlug toe hulle die polisie se blou ligte sien.
‘n Noodplan is deur die polisie en boere geaktiveer en paaie is blokkeer. Die Toyota Camry met sy insittendes is voorgekeer en twee verdagtes, onderskeidelik 32 en 42 jaar oud, is by ‘n padblokkade in Viljoensdrift in hegtenis geneem.
Beslag is op die voertuig gelê.
Die twee verdagtes sal binnekort op klagtes van huisroof en poging tot moord in die Heilbron-landdroshof verskyn.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



