‘n Onbekende vrou in haar middel-twintigs se liggaam is Maandagoggend in Lombardstraat naby ‘n veiling-fasiliteit in Bohlokong Vrystaat, gevind.
Sers. Mahlomola Kareli, polisiewoordvoerder, sê lede is omstreeks 07:30 na die toneel ontbied nadat die liggaam deur ‘n verbyganger ontdek is.
Die oorledene het ‘n snywond aan haar keel gehad. Sy was geklee in ‘n olyfgroen baadjie, wit T-hemp en swart sweetpakbroek.
Die slagoffer se identiteit is onbekend en geen arrestasies ten opsigte van haar dood is gemaak nie.
‘n Moordsaak is geregistreer en enigiemand wat oor inligting beskik, kan by 082 4530795 met speurder-kaptein Screamer Tshabalala van Bohlokomng-speurtak in verbinding tree.
Alternatiewelik kan Stop Misdaad by 08600 10111 gekontak word of van die MySAPS toepassing gebruik gemaak word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



