Boer Soek ‘n Vrou – nog ‘n verlowing

Deel hierdie storie / Share this story

Boer Soek ‘n Vrou seisoen 15 het nog ‘n verlowing opgelewer.

Marciel Hopkins, die aanbieder van die immergewilde program het gelukwensinge op haar Facebook-blad gedeel.

Boer Hennie het die ja-woord van Eloise gekry.

Lees haar plasing hier:

Sommer vinnig-vinnig is daar ‘n tweede verlowing uit seisoen 15 van Boer Soek ’n Vrou! 💍🥂 Baíe geluk Hennie en Eloise – wat ‘n wonderlike, opwindende tyd wat vir julle voorlê. Mag hierdie liefdesreis van ‘n leeftyd al julle wildste verwagtinge oortref! ❤️🧑🏻‍🌾

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.