Komediant se ousus beseer in ernstige ongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

Gertjie de Jager, ‘n Suid-Afrikaanse komediant, het Sondag voorbidding gevra vir sy ouer sussie wat in ‘n ernstige motorongeluk betrokke was.

“Mense! Ek vra uit die diepte van my hart vandag…. Daar waar jy staan of sit…sal jy asb. vir my ousus bid.

Sy was gister in ‘n vieslike kop-aan-kop-botsing en het baie erge beserings opgedoen. Ons vra dat Jesus se hand van genesing so oor my sus gaan vandag asseblief en dat sy volkome sal genees. Dat elke besering van die oomblik af genees en dat sy ‘n getuienis van U krag en genade kan raak Vader. Ons haal dit uit Vader se hand. Dankie Jesus.”

Sy het die mooiste hart op aarde en is altyd daar vir almal. ‘n Ma en ouma duisend!!

Wat het ons anders as om op ons knieë te gaan en te vra vir genade. Baie dankie aan elkeen wat dit doen. Ek waardeer elkeen van julle…”