Bejaarde vrou in voertuig doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou, glo in haar laat sestigs, is Maandagmiddag 29 Mei 2023 net voor 16:00 in Bonifacelaan in Montclair, KwaZulu-Natal, doodgeskiet.

ALS Paramedics het hulle na die toneel gehaas. Met aankoms was verskeie sekuriteitsmaatskappye teenwoordig en die beseerde vrou is in die agterkant van haar voertuig aan paramedici uitgewys.

Met assesering is gevind dat sy verskeie skietwonde in haar bors en kop opgedoen het. Paramedici kon niks vir haar doen nie en sy is op die toneel dood verklaar.

Omstandighede wat tot die skietvoorval gelei het, is obekend.

Die polisie was op die toneel vir die nodige ondersoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.