Harry en Meghan ‘geskok’ deur ‘kwetsende’ reaksie aan ‘katastrofiese’ jaagtog

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Prins Harry en Meghan eis foto’s by agentskap na ‘jaagtog’

Prins Harry en Meghan Markle is volgens verslae “geskok” deur die “kwetsende” reaksie wat die publiek op hulle “amper katastrofiese” paparazzi jaagtog gehad het en die bewerings dat hulle “oordryf”.

Harry en Meghan het gesê hulle, saam haar ma Gloria Ragland, was vir twee ure deur paparazzi gejaag na hulle 16 Mei die Women of Vision Awards verlaat het.

Hulle woorvoerder het gesê hulle is deur “aggressiewe paparazzi” gejaag vir byne twee ure wat amper “verskeie ongelukke en botsings” veroorsaak het.

Daar was sederdtien verskeie verslae wat dui daarop dat die paar “oordryf” het en ‘n bron na aan hulle het gesê hulle is “geskok” deur die “kwetsende” kommentaar en dring daarop aan dat hulle nie oordryf het nie. Hulle het glo ook gesê mense wat sê hulle het oordryf is “onvanpas”.

Bronne: Daily Record, New York Post, International Business Times

Lees ook: Prins Harry en Meghan eis foto’s by agentskap na ‘jaagtog’