Prins Harry en Meghan eis foto’s by agentskap na ‘jaagtog’

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: ‘Dis ‘n oordrywing!’ – taxidrywer vir Meghan en Harry

Prins Harry en Meghan Markle het geëis die fotoagentskap Backgrid moet alle foto’s en video’s aan hulle oorhandig na die paparazzi hulle verlede week glo vir twee ure in New York gejaag het en byna “verskeie ongelukke” veroorsaak het.

Hulle prokureurs het gesê hulle het die beeldmateriaal nodig om hulle sekuriteit te verbeter.

Backgrid se prokureurs het geweier om enigiets aan hulle te oorhandig, want die beeldmateriaal behoort aan hulle en die paar het geen regte om dit te kry nie.

Bronne: Page Six, The Guardian, CNN

Lees ook: ‘Dis ‘n oordrywing!’ – taxidrywer vir Meghan en Harry