Soektog na twee verdagtes na beweerde huisroof

Deel hierdie storie / Share this story

Malipsdrift-polisie het ‘n soektog geloods na twee onbekende gewapende verdagtes na ‘n beweerde huisroof Sondag 21 Mei 2023 in die vroeë oggendure by ‘n padkafee te Leporogong langs die R37-pad in Malipsdrift, Limpopo, plaasgevind het.

Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê die beweerde verdagtes het na bewering by die huis ingebreek waar die slagoffer in haar kamer gelê en slaap het. Sy het volgens rapportering ‘n kollega van ‘n ander kamer vir hulp hoor skree. Haar deur was oopgebreek en sy het twee onbekende mans gewaar.

‘n Vuurwapen is glo deur die verdagtes op haar gerig terwyl hulle geld eis.

Volgens rapportering het die slagoffer glo uitgewys waar die geld gehou word, waarna die booswigte met ‘n onbekende bedrag geld, selfoon en kaart-betalingsmasjien van die toneel gevlug.

Geen skote is afgevuur en geen beserings aangemeld nie.

Die polisie versoek enigiemand met inligting om na vore te kom en met die ondersoekbeampte ao. Malope Sebetha by 076 608 5033 in verbinding te tree.

Altenatiewelik kan daar by die naaste polisiestasie aangemeld word, of die Stop Misdaad nommer by 08600 10111 gekonak word.

Wenke kan ook deur die MySAPS toepassing verskaf word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.