Onderhoofseun (13) tydens protesaksie oor elektrisiteit doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

Foto: Rovert Carruthers School

Philasande Yende (13), die onderhoofseun van RCS – Robert Carruthers School in Emalahleni (Witbank) is op 10 Mei 2023 dood.

Die skool het die aankondiging 11 Mei 2023 op hul Facebook-blad gemaak.

Sy 1ste span-rugbyhemp is op 7 Mei aan hom en die res van die skool se rugbyspan oorhandig.

Beswaarlik twee weke na sy 13de verjaarsdag.

Medelye van verskeie omliggende skole is orals op sosiale media te sien.

Philasande word as ‘n kranige sport entioesias beskryf wat eendag ‘n professionele atleet of ‘n vlieënier wou wees.

“It is with sadness that we have to inform you of the passing of our Deputy Head Boy, Philasande Yende.

Your memory we will always treasure, in our hearts, you will stay forever!”

Laerskool Klipfontein het hom as vriendelik, hardwerkend en behulpsaam beskryf.

Philasande is doodgeskiet tydens protesaksie oor elektrisiteit toe lewendige ammunisie wat afgevuur is hom in die kop getref het.

Hy is 16 Mei 2023 ter ruste gelê.

FiND iT het OPOD vir kommentaar gevra wat soos volg geantwoord het:

“This matter happened on the 10th of May 2023 where it’s alleged that a 13 and 25 year old males where alleged shot and killed by the police during crowd management. The allegations are that live ammunition was used on the incident. IPID is investigating the circumstances surrounding the deaths.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.