‘Dis ‘n oordrywing!’ – taxidrywer vir Meghan en Harry

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Prins Harry gekritiseer na hy polisie wou gebruik as ‘lyfwagte’

Die taxidrywer vir Meghan en prins Harry het gesê “alles word nou oordryf” na berigte dat hulle amper in verskeie ongelukke was na die paparazzi hulle glo vir twee ure gejaag het.

Die paar, wat die MS Foundation for Women gala bygewoon het in New York, is glo deur die paparazzi gevolg vir byna twee ure – wat na bewering byna verskeie ongelukke veroorsaak het.

Die taxidrywer, Sonny Singh, het aan die Washington Post vertel die voorval is “oordryf”.

Hy het vertel hy is deur ‘n sekuriteitswag geroep en prins Harry en Meghan het by sy taxi ingeklim. Hulle is deur ‘n vullistrok blokkeer en die paparazzi was skielik daar om foto’s te neem. Hy het vertel hulle het gesê hy moet polisiestasie toe ry so hy het. Hy het gesê die voorval is “oordryf”.

Bronne: IOL, Female First, Independent, Yahoo News

Lees ook: Prins Harry gekritiseer na hy polisie wou gebruik as ‘lyfwagte’