Burgemeester se lyfwagte skiet glo drie mense tydens betogings in Newcastle

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: ‘Geen rekord van vrou wat wakker word in lykshuis’ – departement van gesondheid

Die lyfwagte van die IFP Newcastle burgemeester, Xolani Dube, het glo drie mense geskiet tydens ’n betoging oor water in Charlestown.

IOL berig gemeenskapslede het Dube glo met klippe gegooi toe Dube hulle aangespreek het na ’n beweerde gewelddadige betoging oor dienslewering en dis toe die lyfwagte glo op hulle geskiet het.

Die wat geskiet en beseer is, is na die Madadeni hospitaal gejaag.

In ’n stemboodskap wat na bewering van wyksraadslid Ntombincane Shabalala af kom, is drie kinders ook beseer in die beweerde skietvoorval.

Die voorval word ondersoek deur die polisie.

Bronne: IOL, News24, New Castillian, VN Explorer

Lees ook: ‘Geen rekord van vrou wat wakker word in lykshuis’ – departement van gesondheid