Lees ook: ‘Dis alles leuens!’ sê Econ Oil oor André de Ruyter se boek
Die spesiale ondersoekeenheid (SIU) het gesê hulle het steeds nie die verslag wat André de Ruyter ontvang het tydens sy privaat ondersoek gekry nie.
De Ruyter het ‘n privaat ondersoek geloods om beweerde korrupsie by Eskom uit te snuif.
Die SIU woordvoerder Kaizer Kgantago het gesê die eenheid wil ondersoek of De Ruyter enige wette oortree het deur sy eie ondersoek te begin.
“Ons is op soek na hierdie verslag. Maar ons het uitgevind wie die mense is wat hierdie verslag geskep het. Ons sal daarvoor vra en as hulle nie vir ons kan gee nie, sal ons hulle dagvaar,” het hy gesê.
“Ons wil die omstandighede agter die opstel van hierdie verslag verstaan, ons wil weet wie dit befonds het. Ons wil verstaan of dit namens Eskom gedoen is en indien wel, wil ons verstaan hoekom dit nie by Eskom se direksie of bestuur is nie,” het hy beygevoeg.
Bronne: eNCA, News365, VN Explorer, Head Topics
Lees ook: ‘Dis alles leuens!’ sê Econ Oil oor André de Ruyter se boek



