Lees ook: Verpleegster se liggaam in vlak graf gevind
Céline Dion het haar geskeduleerde toerdatums vir April 2024 gekanselleer terwyl sy behandeling ondergaan vir ‘n skaars neurologiese afwyking.
Dion het in ‘n verklaring gesê sy is jammer om haar aanhangers teleur te stel, maar sy werk daaraan om haar krag op te bou en toer maak dit moeilik. Sy het ook gesê dis makliker om alles nou te kanselleer totdat sy weer reg voel om op te tree.
42 Europese toerdatums is gekanselleer insluitend die toere in Nederland, Frankryk, België, Dene, Noorweë, Swede, Finne, Pole, Switserland, Kroatië, Duitsland, Engeland, Skotland en Ietland.
Die neurologiese afwyking veroorsaak spasmas wat haar vermoë om te loop en sing beïnvloed.
Styfpersoonsindroom veroorsaak rigiede spiere en pynlike spierspasmas, wat veroorsaak kan word deur harde geluide en flikkerende ligte. Die oorsaak is nie bekend nie, maar dit word beskou as ‘n outo-immuunversteuring.
Bronne: My Republica, BBC, ABC News, The Guardian, Facebook



