Verpleegster se liggaam in vlak graf gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Neef ontvang 25 jaar tronkstraf vir moord en verkragting van sy tannie

Die liggaam van ’n Philanjalo Hospice-verpleegster is Dinsdag in die Tugela Ferry-gebied in ’n vlak graf gevind.

Samkelisiwe Thobile Mchunu (37) is op 22 April deur haar familie as vermis aangemeld. Hulle het haar laas gesien toe sy by die huis geloop het en op pad werk toe was. Sy het nooit teruggekom nie en hulle het haar gesoek en as vermis aangemeld.

Kol. Thenjiswe Ngcobo, polisiewoordvoerder, het gesê haar liggaam is by ‘n besigheidsperseel in ‘n vlak graf gekry. ‘n Verdagte (47), wat by dieselfde perseel waar haar liggaam gevind is, werk as ‘n sekuriteitswag, is in hegtenis geneem.

Die verdagte het gister sy eerste verskyning in die Msinga-landdroshof gemaak en die saak is tot volgende week uitgestel.

Die polisie ondersoek ’n saak van moord.

Bronne: IOL, Be Loud

Lees ook: Neef ontvang 25 jaar tronkstraf vir moord en verkragting van sy tannie