Neef ontvang 25 jaar tronkstraf vir moord en verkragting van sy tannie

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Vrou se liggaam gevind in Tafelsig

Gopolang Moilwa (25) is Woensdag tot 25 jaar tronkstraf gevonnis in die Atamelang-streekshof.

Gopolang is gevonnis vir die moord en verkragting van sy tannie, Keshwalegile Jane Molehe (45). Op 10 Oktober 2021 het Gopolang saam met sy tannie en haar kêrel by die plaaslike ‘shebeen’ in die Kgothu sektor in Setlagole gedrink.

Op pad huis toe het Gopolang en die kêrel begin baklei na Gopolang sy tannie probeer verkrag het. Hy het die kêrel gedreig met ‘n mes wat gemaak het dat hy weghardloop. Gopolang het Molehe verkrag en verwurg en hy het haar liggaam in die bosse weggesteek waar dit die volgende dag gevind is.

Hy is 11 Oktober 2021 in hegtenis geneem.

Bronne: SAPS

Lees ook: Vrou se liggaam gevind in Tafelsig