Lees ook: Polisiebeampte geskors wat glo 95-jarige vrou met dementia skok
‘n Vrou se liggaam is Dinsdag naby Tafelsig, Mitchells Plain, gevind deur ‘n verbyganger wat die polisie gebel het.
Die polisie het nog nie die vrou identifiseer nie en het gesê ‘n nadoodse ondersoek sal uitgevoer word om die oorsaak van haar dood uit te vind.
‘n Vrou van Delft wat die naweek as vermis aangemeld is se familie glo die onidentifiseerde vrou is die vermiste vrou. Sy is Saterdag in Suburban, Delf South, die laaste keer gesien waar sy alleen ‘n taverne verlaat het.
Haar niggie het aan Cape Argus gesê hulle kan bevestig dit was haar liggaam maar die polisie het gevra enigiemand wat die oorlede vrou kan identifiseer moet hulle skakel.
Bronne: IOL, VN Explorer, Pressreader
Lees ook: Polisiebeampte geskors wat glo 95-jarige vrou met dementia skok



