Matias Sithole het op 29 Augustus 2019 omstreeks 18:50 met sy Toyota D4D-dubbelkajuitbakkie by sy huis in Thabong aangekom. Ndumiso Mfene (42) en Ayabonga Dlokweni (40) het hom gekaap en in die proses doodgeskiet.
Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê die twee beskuldigdes het ‘n gesamentlike vonnis van 130 jaar tronkstraf vir die moord en die besit van ‘n gesteelde voertuig, asook die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie in die Vrystaatse hooggeregshof in Welkom, gekry.
Die saak was aan speurder ao. Gerrie Nel van Thabong ernstige en geweldsmisdaad eenheid toegewys.
Op 12 September 2019 is Mfene in Pinetown in besit van die gesteelde voertuig wat met die kaping in Thabong verbind is, gevind.
Die ondersoek het na Dlokweni gelei wat op 8 Oktober 2019 in Thabong gekry is waar hy ‘n gesteelde voertuig bestuur. Binne in die voertuig is ‘n R5 geweer met magasyn en ammunisie gevind.
Mfene het vir roof met verswarende omstandighede 20 jaar en vir die moord op Sithole ‘n lewenslange vonnis ontvang. Sy kollektiewe tronkstraf is 45 jaar.
Dlokweni is vir roof met verswarende omstandighede 15 jaar, vir die moord op Sithole lewenslank, die besit van ‘n gesteelde voertuig 25 jaar en die onwettige besit van ‘n R5 en ammunisie ‘n verdere 15 jaar gevonnis.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



