‘n Toeris van Oos-London is die oggend van 11 Mei 2023 uit die see in Bantry Bay, Kaapstad, gered.
NSRI sê die see was die betrokke oggend rof toe die toeris besluit het om te gaan swem.
Kort voor lank het hy probleme ondervind en het golwe wat sy weg terug na die strand geblokkeer.
Ooggetuies het NSRI van Table Bay, Bakoven en Stad Kaapstad gekontak en die waterreddingsnetwerk is omstreeks 09:42 geaktiveer.
Stasie 3 se reddingstuig was reeds naby in die water en het saam met NSRI-reddingswemmers, Stasie 3 se voertuig en Stad Kaapstad se wetstoepassingsbeamptes, reageer.
Met aankoms op die toneel het kusreddingsbeheerders bevestig dat die man daarin kon slaag om te swem en te dryf. David del Fante, Stasie 3-diensbeheer, het gesê dat die swemmer egter met die rowwe see en inkomende golwe sukkel.
‘n Reddingstuig was ongeveer drie minute weg en ‘n reddingswemmer is die golwe in om bystand te verleen.
Die reddingstuig het opgedaag toe hy die man nader.
Nadat die tuig se bemanning beplanning gedoen het met die inkomende golwe is die man bereik en veilig aan boord gebring.
Die insident is deur fotograaf Reece Sheldon op video vasgevang.
Die verligte toeris is na die strand vervoer en van ‘n kombers voorsien om van ‘n matige hipotermie te herstel.
Sy dankbare vriende het ekstra klere saamgebring toe hulle hom gaan haal.
Hy het geen verdere bystand nodig gehad nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



