
Chatty SAPD Kliëntedienssentrum Foto’s: SAPD
‘n Nuwe polisiestasie word vandag in Chatty in die Oos-Kaap oorhandig.
Lirandzu Themba, woordvoerder van die minister van polisie, sê die polisiestasie sal deur genl. Bheki Cele oorhandig word, waarna hy ‘n misdaadvoorkomings Imbizo vir veiligheid wat deur die ministerie en polisiebestuur aangebied word, sal lei.
Die nuwe polisiestasies is ‘n poging om polisiëringsbehoeftes van gemeenskappe aan te spreek en hulpbronne nader aan hulle te bring.
Chatty-polisiestasie is een van 13 nuwe polisiestasies wat in die finansiële jaar aan gemeenskappe oorhandig gaan word.
Gedurende die 2023 / 2024 finansiële jaar het die SAPD R1 biljoen vir die bou van nuwe polisiestasies geallokeer en nog R30 miljoen bewillig om vragmotors na mobiele gemeenskapsdiensstentrums om te skakel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



