Lees ook: Vrou se liggaam gevind in Tafelsig
Die Mitchells Plein polisie versoek die hulp van die publiek om ’n verkragtingsverdagte te identifiseer.
Die uitbeelding van verdagte is gemaak met die hulp van die slagoffer. Die slagoffer (16) is glo op pad skool toe deur die verdagte aangeval en verkrag.
Die verdagte is ’n onbekende man diep in die twintig of vroeë dertigs, hy is omtrent 1.6 meter lank en praat Xhosa. Hy het ’n kruis tattoeermerk op sy nek onder sy regteroor en het wit skoene en ’n rooi hoed opgehad tydens die voorval. Hy het ook ’n vuurwapen gehad.
Enigiemand met inligting word gevra om die polisie te kontak.
Bronne: SAPS
Lees ook: Vrou se liggaam gevind in Tafelsig



