Namibië verklaar uitbraak van Kongokoors na pasiënt sterf

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Drie SA polisie-leerlinge toets positief vir cholera

Namibië het ’n uitbraak van Kongokoors (Crimean Congo Haemorrhagic Fever – CCHF) verklaar na een persoon in Windhoek oorlede is aan die siekte.

Die gesondheidsdepartement het gesê die pasiënt is 16 Mei in Gobabis eers behandel vir wat hulle vermoed het was die siekte. Hy is later na die Windhoek sentrale hospitaal geskuif waar hy op 18 Mei oorlede is.

Toetse in ’n laboratorium het bevestig hy is oorlede aan CCHF wat deur bosluise versprei word en deur kontak met bloed of liggaamstowwe.

Die regering is besig om te monitor met wie die man in kontak gekom het, 27 kontakte is so vêr identifiseer, met 24 wat gesondheidswerkers is.

Simptome sluit in koors, spierpyn, duiseligheid, lig sensitiwiteit, naarheid en dit kan lei tot inwendige bloeding en die ingee van organe.

Bronne: SABC, Reuters, TimesLIVE

Lees ook: Drie SA polisie-leerlinge toets positief vir cholera