Polisiebeampte wat vrou (95) glo geskok het kan aangekla word van moord

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Polisiebeampte geskors wat glo 95-jarige vrou met dementia skok

Die polisiebeampte wat Clare Nowland (95) glo met ‘n skokstok geskok het by ‘n ouetehuis kan aangekla word van moord.

Clare Nowland is oornag oorlede van die beserings wat sy opgedoen het na sy 17 Mei deur ‘n polisiebeampte geskok is terwyl sy haar loopraam gebruik het om nader aan hulle te gaan met ‘n mes. Nowland het demensie gehad.

Die polisiebeampte het haar glo twee keer geskok met die skokstok wat veroorsaak het dat sy geval het en haar kop gestamp het. Sy het haar skedel gebreek en bloeding op die brein gehad wat gelei het tot haar dood.

Konstabel Kristian White is geskors met betaling en is aangekla van aanranding, roekelose toediening van ernstige liggaamlike skade en aanranding met die doel om ernstig te beseer. Hy kan ook aangekla word van moord of op die minste manslag.

Bronne: LADbible, 7News, The Citizen

Lees ook: Polisiebeampte geskors wat glo 95-jarige vrou met dementia skok