Lees ook: Vrou se liggaam gevind in Tafelsig
‘n KwaZulu-Natalse polisiebeamptes is glo vanoggend geskiet toe hulle op ’n gesinsgeweld saak reageer in die oThongathi-gebied.
Die polisiebeampte en sy kollega is vanoggend 01:20 uitgeroep vir ’n gesinsgeweldsaak, maar hulle kon nie die slagoffer kry nie. Hulle het rondgery en twee mans sien buite staan. Een van die polisiebeamptes het uitgeklim om te vra of hulle iets weet toe die mans glo op hulle begin skiet het.
Die polisiebeampte het teruggeskiet en besef hy is in die been geskiet waarna sy kollega hom na die hospitaal geneem het.
In ’n soortgelyke voorval is ’n Durbanse polisieman doodgeskiet terwyl hy en sy kollega op ’n gesingeweldvoorval in Chatsworth reageer het.
Die polisiebeamptes het Welbedacht-Oos toe gegaan met die persoon wat hulle gebel het en by hulle aankoms by die eiendom is een van die polisiebeamptes glo doodgeskiet deur die verdagtes wat deur die venster geskiet het.
Bronne: IOL, VN Explorer, Be Loud, Twitter
Lees ook: Vrou se liggaam gevind in Tafelsig



