Lees ook: SIU het steeds nie De Ruyter se privaat verslag ontvang nie
‘n Pensionaris wat deur sy bure se twee Rottweilers aangeval is, het aan IOL vertel owerhede het gesê hulle kan nie die honde verwyder nie.
Adriaan Rossouw (65) vertel hy het op 7 April verby sy bure se huis in Koraalstraat in Ottery geloop toe hy gesien het die Rottweilers is buite die erf.
Hy het vertel die honde het hom aangeval en hy was later op die grond terwyl hy probeer terugbaklei het voor hy vir hulp geskree het. Rossouw het vertel die honde se eienaars het nie uitgekom nie en sy ander bure het hom gehelp.
Die eienaars het eers later uitgekom en hom hospitaal toe gevat waar hy nege dae opgeneem was. Hulle het glo net gesê hulle weet nie hoe die honde uitgekom het nie.
Rossouw het gesê hy wil hê hulle moet betaal vir sy mediese onkostes voor hy besluit of hy ‘n kriminele saak gaan maak.
Wayne Dyason, polisiewoordvoerder, het aan IOLdie aanval bevestig.
Bronne: IOL, Pressreader, Daily Voice
Lees ook: SIU het steeds nie De Ruyter se privaat verslag ontvang nie



