Vrou raakgery deur hertogin van Edinburgh se polisie begeleiding oorlede

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Drie liggame gevind in Brakpan

‘n Vrou wat deur ‘n polisiemotorfiets, wat die hertogin van Edinburgh vergesel het, raakgery is in Londen is oorlede.

Die familie van Helen Holland (81) het gesê sy “het vir byna twee weke vir haar lewe geveg maar die skade aan haar brein was te erg”.

Buckingham Paleis het gesê hertogin Sophie is “baie hartseer” en sy stuur haar “diepste meegevoel” aan die familie.

Holland was in London om by haar suster te kuier toe sy 10 Mei deur die polisie begeleiding raakgery is terywl sy die voetoorgang gebruik het tussen West Cromwellpad en Warwickpad. Haar seun het gesê sy ma het verskeie gebreekte bene en massiewe interne beserings opgedoen.

Die polisie “waghond” is besig om die saak te ondersoek.

’n Getuie het aan MailOnline gesê daar was skerms opgesit vir die kroning so mens moes in die pad staan om verkeer te sien. Hy het vertel Holland was besig om verby die skerms te kyk om die voetoorgang te gebruik toe sy raakgery is en 40 voet ver gegooi is.

Bronne: BANG Showbiz, BBC, Reuters

Lees ook: Drie liggame gevind in Brakpan