Lees ook: Polisie benodig hulp om liggame te identifiseer
Drie liggame van onbekende mans is Woensdag by die Withoek-plotte in Brakpan gevind.
Twee van die liggame is met skietwonde in ’n verlate gebou gevind terwyl die derde liggaam, wat sleg verbrand is, in ’n nabye veld gevind is.
Die EMPD woordvoerder lt.kol Kelebogile Thepa het gesê twee mans het polisiebeamptes genader in 12th Road, KwaThema en hulle gesê daar is liggame in die gebou. Die polisie het na die gebou gegaan en die twee liggame gevind met die skietwonde en die derde verbrande liggaam in die veld.
Thepa het gesê ’n moordsaak is geopen by die Tsakane polisiekantoor.
Bronne: IOL, EWN, Jacaranda FM



