Lees ook: Pollsmoor-tronkbewaarders in hof op aanklagte van moord op gevangene
Die polisie in Gqeberha is dringend op soek na hulp om drie mense se liggame te identifiseer wat in verskillende voorvalle oorlede is dié naweek.
In die eerste voorval is die liggaam van ’n onbekende man Saterdag met ’n skietwond in die kop gevind in Javustraat in Kwazakele. ’n Saak van moord word ondersoek.
Nog ’n liggaam van ’n onbekende man is Saterdag op die voetpad agter Eskom gevind in die Kwanobuhle-gebied. Die onbekende man is ouer, het geen skoene aangehad nie en het ’n grys baadjie, swart sweetpakbroek en blou sweetpakbroek onder die swart broek aangehad. Hy het ’n snywond aan sy gesig gehad en ’n 2 meter stok by sy voete. Daar is geen vermoede van vuil spel op die stadium nie en die polisie is besig met ’n ondersoek.
Die liggaam van ’n onbekende man is Sondag in Majolastraat in Walmer gevind waar hy op sy maag lê. Die man was aangetrek in ’n swart sweetpakbroek, bruin wolbaadjie, navy beanie en grys en wit tekkies. Die man is verskeie kere geskiet en die polisieondersoek ’n saak van moord.
Die polisie vra dat enige iemand wat die mans kan herken of hulle familie kan help opspoor die polisie kontak.
Bronne: SAPS
Lees ook: Pollsmoor-tronkbewaarders in hof op aanklagte van moord op gevangene



