Dirk Wismeijer (57) het glo op 18 Mei 2023 omstreeks 14:00 probeer om dwelms deur Postnet in The Acres naby Green Acres-winkelsentrum in Gqeberha na Fankryk te stuur.
Kapt. Yolisa Mgolodela, woordvoerder vir die Valke in die Oos-Kaap, sê hy is op 19 Mei 2023 deur die Valke vir handel in dwelms in Lemon 3 Guest Lodge in Kirkwood, in hegtenis geneem.
Daar word beweer dat Wismeijer glo 12,44 gram metamfetamien (tik) met ‘n straatwaarde van meer as R4 000 deur Postnet se diens aan Frankryk wou smokkel.
Die ernstige georganiseerde misdaad ondersoek-eenheid van die Valke het Wismeijer onder ‘n navraag ondersoek waarna ‘n lasbrief vir sy inhegtenisname gemagtig is.
Hy het op 19 Mei na sy in hegtenisname in die Gqeberha-landdroshof verskyn en was is borg van R5 000 vrygelaat.
Daar is op sy paspoort beslag gelê.
Die saak is tot 2 Junie 2023 uitgestel sodat aanstelling van ‘n regsverteenwoordiger kan plaasvind.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



