Lees ook: Gevalle van diphtheriasiekte geen rede tot paniek – Joe Phaahla
Eskom het Sondag dié week se beurtkrag skedule aangekondig. Fase 3 beurtkrag sal Maandag vanaf 05:00 tot 16:00 ingestel word. Fase 5 beurtkrag sal dan van 16:00 af ingestel word vir die res van die week.
Eskom het gesê ‘n kragopwekkingseenheid by die Duvha kragstasie is buite werkingg en daar was ‘n vertraging om eenhede by Amot, Camden, Kendal , Tutuka en twee eenhede by Hendrina weer aan te kry.
Eskom het gevra Suid-Afrikaners moet tussen 17:00 en 21:00 krag spaarsamig gebruik.
Bronne: IOL, BusinessTech, My Broadband
Lees ook: Gevalle van diphtheriasiekte geen rede tot paniek – Joe Phaahla



