Vrou naby Wynberg-landdroshof doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Onbekende vrou is vroeër vandag, omstreeks 10:45, op die hoeke van Kerk- en Broadypad in Wynberg, doodgeskiet.

Lt.kol. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê forensiese deskundiges is steeds besig om die toneel te fynkam.

Voorlopige ondersoek dui aan dat die oorledene in die straat naby die hof gestap het toe sy na bewering deur onbekende gewapende mans genader is, waarna daar lukraak op haar geskiet is.

Sy is getref en het op die toneel aan haar beserings gesterf waar sy deur mediese personeel dood verklaar is.

Die motief vir die moord is deel van die polisie ondersoek.

Enigiemand wat inligting oor die voorval het kan met Stop Misdaad by 08600 10111 in verbinding tree of Wynberg speurtak nader.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.