14 beseer toe minibustaxi rol

Deel hierdie storie / Share this story

14 insittendes van ‘n minibustaxi is vanoggend beseer toe ‘n minibustaxi op Edendalepad naby Kampsdrift in KwaZulu-Natal gerol het.

Chantelle Botha, woordvoerder van KwaZulu Private Ambulance Service, sê hulle het op rapportering van ‘n ongeluk reageer.

Met aankoms op die toneel is gevind dat ‘n minibustaxi-bestuurder beheer oor die voertuig verloor, waarna dit gerol het.

Paramedici het die toneel geassesseer en gevind dat 14 pasiënte geringe tot ernstige beserings opgedoen het.

Hulle is op die toneel behandel, waarna hulle vir verdere mediese behandeling na ‘n hospitaal vervoer is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.