Twee tydens botsing reg van voor, dood

Deel hierdie storie / Share this story

Twee persone is vroëer vandag, 25 Mei 2023, tydens ‘n botsing reg van voor op die R102 in Groutville in KwaZulu-Natal, dood.

IPSS Medical Rescue het vroegoggend oproepe van die botsing tussen ‘n minibustaxi en ‘n ligte motorvoertuig ontvang.

Verskeie hulpbronne het na die toneel met veelvuldige ongevalle gehaas.

Beide die bestuurders van die voertuie het aan hul beserings gesterf en is deur IPSS paramedici op die toneel dood verklaar.

Nog vyf pasiënte met beserings wat van matig tot ernstig gewissel het is op die toneel behandel voordat hulle vir verdere mediese behandeling na fasiliteite vervoer is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.