Vier liggame in Constantia gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Drie liggame gevind in Brakpan

Vier liggame is Donderdagoggend in Constantia gevind. Twee vrouens en twee mans tussen die ouderdomme van 40 en 50 jaar is met skietwonde op die toneel aangetref. Die slagoffers is glo van Bulgarye afkomstig.

Die polisie is gebel na die liggame ontdek is en ’n moordondersoek is geopen. Die motief vir die moorde is nog onbekend.

Die polisie is steeds op die toneel.

Bronne: SAPS

Lees ook: Drie liggame gevind in Brakpan