‘n Man het na bewering sy meisie vermoor omdat sy glo geweier het om ‘n baba by hom te hê.
Adam Byrd (23), van Texas, is verlede week in hegtenis geneem op ‘n aanklag van moord in verband met die dood van die 22-jarige Jade Alyssa Alvarez.
Beamptes het Alvarez se lyk op 6 April omstreeks 06:30 op ‘n pad in San Antonio gevind.
Die mediese ondersoeker het die slagoffer met twee skietwonde aan die agterkant van haar kop en een skietwond in die buik gevind.
Die polisie het gesê verskeie inwoners het “gerapporteer dat hulle ‘n enkele geweerskoot gehoor het, ‘n vrou wat skree, en toe nog verskeie skote gehoor het,” berig People.
Volgens die polisie het Alvarez Byrd die aand van die moord in dieselfde area ontmoet.
Byrd het na bewering beken dat sy Alvarez vermoor het ná ‘n argument oor sy nie ‘n baba by hom wou hê nie.
Alvarez, die ma van ‘n driejarige seun, het in die voedselbedryf gewerk.
’n Verhoor is vir 31 Mei geskeduleer.




