Pa en stiefma in hegtenis vir moord op agtjarige

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Jong meisie (8) van Mogaung-woonbuurt in Sekhukhune-distrik, Limpopo, is Woensdag 24 Mei 2023 aan beserings oorlede. Haar pa en stiefma, ‘n Mosambiekse paartjie, is daarna in hegtenis geneem.

Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê volgens inligting het die kind glo by die twee ouers in ‘n situasie van mishandeling gebly.

Volgens inligting het gemeenskapslede glo daarvan bewus geword dat die oorledene na bewering fisies deur die ouers mishandel was.

Op die dag van haar dood het ‘n goeie Samaritaan glo die familie genader na die vermoede van ‘n ernstige insident wat glo plaasgevind het en dat die kind vermoedelik tydens fisiese aanranding ernstig beseer was.

Lede van die gemeenskap het glo mediese hulp vir die kind gesoek, waarna sy met ‘n ambulans na die naaste hospitaal geneem is.

Sy het aan haar beserings beswyk.

‘n Moorddossier en twee aanklagte van die oortreding van die immigrasiewet word teen die ouers ondersoek.

Die verdagtes sal na verwagting Vrydag 26 Mei 2023 in die Nebo-landdroshof verskyn.

Die ondersoek duur voort.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.